VSA-regeringsluiting: Daar’s geen samesprekings nie

Loading player...
Die Demokratiese leier van die Senaat, Chuck Schumer, het president Donald Trump se bewering verwerp dat onderhandelinge met sy party aan die gang is. Twee voorstelle om die regering te befonds, een van die Demokrate en een van die Republikeine, het albei Maandagaand in die Senaat misluk. Dit beteken die regering se afsluiting duur nou al sewe dae. Schumer sê as Trump en die Kongres se Republikeine uiteindelik gereed is om te gaan sit en iets gedoen te kry oor gesondheidsorg vir Amerikaanse gesinne, is die Demokrate bereid om dit te laat gebeur:
7 Oct 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Regering 'beplan landelike internet-uitbreiding, Starlink nie nodig'

Eerste Minister Elijah Ngurare het die regering se besluit om Starlink se aansoek om in Namibië dienste aan te bied te weier, verdedig. In antwoord op vrae in die parlement het Ngurare gesê die besluit is geneem volgens die eienaarskapswette waaraan enigiemand wat in die land wil opereer, moet voldoen…
25 Mar 10AM 1 min

Dis tyd dat SWATF-veterane ook voordele ontvang: ontleder

Die debat oor vergoeding en die insluiting in veteranevoordele vir voormalige SWATF-lede het weer opgeduik. Die groep het 'n petisie by die lynministerie ingedien en eis formele erkenning en gelyke behandeling van beide die regering en internasionale liggame. Kosmos 94.1 Nuus het met die bestuurskenner Pius Dunaiski gepraat, wat sê…
25 Mar 10AM 1 min

Groot stormskade op Grootfontein, TyreMax se dak af

Groot skade is in Grootfontein aangerig toe 'n hewige donderstorm met hael en sterk wind die dorp Dinsdag getref het. Van die woonbuurte het 86mm in een uur ontvang. TyreMax se dak het afgewaai en op die vragmotor-parkeerterrein by Engen te lande gekom. Die munisipaliteit het die skade bevestig en…
25 Mar 9AM 1 min

Staatsdiensvakbond eis aksie oor R630-miljoen se vermiste toelaes

Die Vereniging van Staatsamptenare doen 'n beroep op die Hoër Onderwys en Opleiding-minister, Buti Manamela, om dringend opdrag te gee vir 'n onafhanklike forensiese ondersoek na die vermiste 630-miljoen-rand in vaardigheidsontwikkelingstoelaes. Die Ouditeur-generaal het bevind die toelae-uitgawes deur die Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid vir Onderwys, Opleiding en Ontwikkelingspraktyke kan nie…
25 Mar 9AM 1 min

Malariagevalle styg, 'mense ignoreer vroeë simptome'

Die gesondheidsministerie sê die onlangse toename in malariagevalle in die Zambezi-streek word vererger deur mense wat vroeë simptome ignoreer. Namibië het meer as 8 600 gevalle aangeteken, meestal plaaslik oorgedra, met 338 hospitalisasies en agt sterftes. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie, Walters Kamaya, gepraat, wat…
25 Mar 8AM 1 min