Meer donderstorms kan verwag word oor die sentrale en suidelike dele van die land vir die res van die week tot die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, meteoroloog by die Windhoek weerkantoor gepraat.
Eerste Minister Elijah Ngurare het die regering se besluit om Starlink se aansoek om in Namibië dienste aan te bied te weier, verdedig. In antwoord op vrae in die parlement het Ngurare gesê die besluit is geneem volgens die eienaarskapswette waaraan enigiemand wat in die land wil opereer, moet voldoen…
Die debat oor vergoeding en die insluiting in veteranevoordele vir voormalige SWATF-lede het weer opgeduik. Die groep het 'n petisie by die lynministerie ingedien en eis formele erkenning en gelyke behandeling van beide die regering en internasionale liggame. Kosmos 94.1 Nuus het met die bestuurskenner Pius Dunaiski gepraat, wat sê…
Groot skade is in Grootfontein aangerig toe 'n hewige donderstorm met hael en sterk wind die dorp Dinsdag getref het. Van die woonbuurte het 86mm in een uur ontvang. TyreMax se dak het afgewaai en op die vragmotor-parkeerterrein by Engen te lande gekom. Die munisipaliteit het die skade bevestig en…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.