Toerismesektor betreur swak nuwe visastelsels

Loading player...
Reaksie word ontvang op berigte dat die regering die toerismesektor in die voet skiet met sy nuwe visumregime. Daar is reuse uitdagings met die aanlyn stelsel, en dit te midde van groot vraag na die land. Die sektor toon uiteindelik herstel na die pandemie en passasiersaankomste het 144 500 in die tweede kwartaal van 2025 bereik, met Julie wat die hoogste maandelikse invloei sedert 2019 was. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold.
6 Oct 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Karakoelraad soek aansoekers

Die landbouministerie het 'n oproep vir uitdrukkings van belangstelling uitgereik en gekwalifiseerde Namibiërs genooi om aansoek te doen vir poste op die Karakoelraad van Namibië voor die sperdatum van 17 April. Dit kom terwyl die huidige raadslede se termyne verstryking nader, met nuwe aanstellings wat daarop gemik is om bestuur…
25 Mar 11AM 1 min

COPE juig oor arres van senior polisiebeamptes in tenderskandaal

Die Congress of the People verwelkom die inhegtenisneming van 12 senior Suid-Afrikaanse Polisiediens-beamptes oor hul beweerde rol in 'n Medicare24-tenderskandaal van 360-miljoen-rand, wat verbind word met die sakeman Vusimuzi Matlala. Pakes Dikgetsi van Cope sê die beskuldigdes het na wat berig word omkoopgeld ontvang, insluitend luukse voertuie en ander voordele…
25 Mar 11AM 1 min

Nog donderstorms tot die naweek op pad

Meer donderstorms kan verwag word oor die sentrale en suidelike dele van die land vir die res van die week tot die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, meteoroloog by die Windhoek weerkantoor gepraat.
25 Mar 10AM 1 min

Regering 'beplan landelike internet-uitbreiding, Starlink nie nodig'

Eerste Minister Elijah Ngurare het die regering se besluit om Starlink se aansoek om in Namibië dienste aan te bied te weier, verdedig. In antwoord op vrae in die parlement het Ngurare gesê die besluit is geneem volgens die eienaarskapswette waaraan enigiemand wat in die land wil opereer, moet voldoen…
25 Mar 10AM 1 min