Gaza-onderhandelings moet nie sloer nie

Loading player...
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê Israel moet ophou om Gaza te bombardeer sodat Hamas uiteindelik gyselaars kan vrylaat en die oorlog beëindig. Afvaardigings van Hamas, Israel en die VSA sal vandag samesprekings in Egipte voer in die hoop om 'n ooreenkoms te finaliseer gebaseer op president Donald Trump se 20-punt-wapenstilstandplan vir Gaza. Rubio het aan ABC gesê dat onderhandelinge om die oorlog in Gaza te beëindig baie vinnig moet plaasvind, anders word die plan in gevaar gestel:
6 Oct 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Karakoelraad soek aansoekers

Die landbouministerie het 'n oproep vir uitdrukkings van belangstelling uitgereik en gekwalifiseerde Namibiërs genooi om aansoek te doen vir poste op die Karakoelraad van Namibië voor die sperdatum van 17 April. Dit kom terwyl die huidige raadslede se termyne verstryking nader, met nuwe aanstellings wat daarop gemik is om bestuur…
25 Mar 11AM 1 min

COPE juig oor arres van senior polisiebeamptes in tenderskandaal

Die Congress of the People verwelkom die inhegtenisneming van 12 senior Suid-Afrikaanse Polisiediens-beamptes oor hul beweerde rol in 'n Medicare24-tenderskandaal van 360-miljoen-rand, wat verbind word met die sakeman Vusimuzi Matlala. Pakes Dikgetsi van Cope sê die beskuldigdes het na wat berig word omkoopgeld ontvang, insluitend luukse voertuie en ander voordele…
25 Mar 11AM 1 min

Nog donderstorms tot die naweek op pad

Meer donderstorms kan verwag word oor die sentrale en suidelike dele van die land vir die res van die week tot die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, meteoroloog by die Windhoek weerkantoor gepraat.
25 Mar 10AM 1 min