MacIntyre wen Alfred Dunhill Links

Loading player...
Robert MacIntyre van Skotland het 'n ses-onder 66 aangeteken om 'n oorwinning met vier houe by die Alfred Dunhill Links-kampioenskap in gure weer te behaal. Die derde ronde is Saterdag weens stormagtige weer uitgestel en die toernooi is tot 54 putjies beperk. MacIntyre het op 18 onder baansyfer geëindig om sy vierde DP World Tour-titel in te palm. Tyrell Hatton van Engeland het op 14-onder klaar gemaak, terwyl Richard Sterne van Suid-Afrika en die Engelsman John Parry saam derde was met een hou meer. MacIntyre sê die toestande was baie erg:
6 Oct 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Karakoelraad soek aansoekers

Die landbouministerie het 'n oproep vir uitdrukkings van belangstelling uitgereik en gekwalifiseerde Namibiërs genooi om aansoek te doen vir poste op die Karakoelraad van Namibië voor die sperdatum van 17 April. Dit kom terwyl die huidige raadslede se termyne verstryking nader, met nuwe aanstellings wat daarop gemik is om bestuur…
25 Mar 11AM 1 min

COPE juig oor arres van senior polisiebeamptes in tenderskandaal

Die Congress of the People verwelkom die inhegtenisneming van 12 senior Suid-Afrikaanse Polisiediens-beamptes oor hul beweerde rol in 'n Medicare24-tenderskandaal van 360-miljoen-rand, wat verbind word met die sakeman Vusimuzi Matlala. Pakes Dikgetsi van Cope sê die beskuldigdes het na wat berig word omkoopgeld ontvang, insluitend luukse voertuie en ander voordele…
25 Mar 11AM 1 min

Nog donderstorms tot die naweek op pad

Meer donderstorms kan verwag word oor die sentrale en suidelike dele van die land vir die res van die week tot die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, meteoroloog by die Windhoek weerkantoor gepraat.
25 Mar 10AM 1 min