Analiste meen olie kan nog verder daal

Loading player...
Die bekende ekonoom Dawie Klopper het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die skerp daling in oliepryse, wat die vorige week afgesluit het met ‘n daling van meer as 8 persent op net bo 64 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die kommoditeit is tans net bo 65 dollar ‘n vat. Tussen Gaza, ‘n nuwe Koerdiese pyplyn en Opul se produksie verhogings, Sondag vasgestel op 137 000 ekstra vate daagliks vanaf November, is aanbod uiters hoog. Hy verduidelik.
6 Oct 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Karakoelraad soek aansoekers

Die landbouministerie het 'n oproep vir uitdrukkings van belangstelling uitgereik en gekwalifiseerde Namibiërs genooi om aansoek te doen vir poste op die Karakoelraad van Namibië voor die sperdatum van 17 April. Dit kom terwyl die huidige raadslede se termyne verstryking nader, met nuwe aanstellings wat daarop gemik is om bestuur…
25 Mar 11AM 1 min

COPE juig oor arres van senior polisiebeamptes in tenderskandaal

Die Congress of the People verwelkom die inhegtenisneming van 12 senior Suid-Afrikaanse Polisiediens-beamptes oor hul beweerde rol in 'n Medicare24-tenderskandaal van 360-miljoen-rand, wat verbind word met die sakeman Vusimuzi Matlala. Pakes Dikgetsi van Cope sê die beskuldigdes het na wat berig word omkoopgeld ontvang, insluitend luukse voertuie en ander voordele…
25 Mar 11AM 1 min

Nog donderstorms tot die naweek op pad

Meer donderstorms kan verwag word oor die sentrale en suidelike dele van die land vir die res van die week tot die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, meteoroloog by die Windhoek weerkantoor gepraat.
25 Mar 10AM 1 min