Ontmoet NDB se nuwe leier, Titus Ndove

Loading player...
Die Ontwikkelingsbank van Namibië het 'n nuwe leier aan die stuur. Titus Ndove is as uitvoerende hoof aangestel vir 'n termyn van vyf jaar, wat op 1 November begin. As 'n ervare ekonoom en kenner van openbare finansies, bring Ndove dekades se ondervinding van beide die regering en die banksektor, na hy sleutelrolle by die finansministerie, Standard Bank en die Bank van Namibië beklee het. Evangelina Nailenge, voorsitter van die bank se raad, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die aanstelling gesels.
3 Oct 2025 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Karakoelraad soek aansoekers

Die landbouministerie het 'n oproep vir uitdrukkings van belangstelling uitgereik en gekwalifiseerde Namibiërs genooi om aansoek te doen vir poste op die Karakoelraad van Namibië voor die sperdatum van 17 April. Dit kom terwyl die huidige raadslede se termyne verstryking nader, met nuwe aanstellings wat daarop gemik is om bestuur…
25 Mar 11AM 1 min

COPE juig oor arres van senior polisiebeamptes in tenderskandaal

Die Congress of the People verwelkom die inhegtenisneming van 12 senior Suid-Afrikaanse Polisiediens-beamptes oor hul beweerde rol in 'n Medicare24-tenderskandaal van 360-miljoen-rand, wat verbind word met die sakeman Vusimuzi Matlala. Pakes Dikgetsi van Cope sê die beskuldigdes het na wat berig word omkoopgeld ontvang, insluitend luukse voertuie en ander voordele…
25 Mar 11AM 1 min

Nog donderstorms tot die naweek op pad

Meer donderstorms kan verwag word oor die sentrale en suidelike dele van die land vir die res van die week tot die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, meteoroloog by die Windhoek weerkantoor gepraat.
25 Mar 10AM 1 min