Amnestie veroordeel 'onwettige' onderskepping van flottielje

Loading player...
Amnestie Internasionaal sê Israel se onwettige onderskepping van die Global Sumud-flottielje toon hul vasberadenheid om doelbewus die Palestyne in Gaza uit te honger. Daar is op ten minste 39-vaartuie met humanitêre hulp beslag gelê en tientalle bemanningslede is in hegtenis geneem toe hulle Israel se blokkade probeer breek het. Shenilla Mohamed van die organisasie het die optrede veroordeel as intimidasie van vreedsame aktiviste, en vra vir die onmiddellike vrylating van aangehoudenes:
3 Oct 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Karakoelraad soek aansoekers

Die landbouministerie het 'n oproep vir uitdrukkings van belangstelling uitgereik en gekwalifiseerde Namibiërs genooi om aansoek te doen vir poste op die Karakoelraad van Namibië voor die sperdatum van 17 April. Dit kom terwyl die huidige raadslede se termyne verstryking nader, met nuwe aanstellings wat daarop gemik is om bestuur…
25 Mar 11AM 1 min

COPE juig oor arres van senior polisiebeamptes in tenderskandaal

Die Congress of the People verwelkom die inhegtenisneming van 12 senior Suid-Afrikaanse Polisiediens-beamptes oor hul beweerde rol in 'n Medicare24-tenderskandaal van 360-miljoen-rand, wat verbind word met die sakeman Vusimuzi Matlala. Pakes Dikgetsi van Cope sê die beskuldigdes het na wat berig word omkoopgeld ontvang, insluitend luukse voertuie en ander voordele…
25 Mar 11AM 1 min

Nog donderstorms tot die naweek op pad

Meer donderstorms kan verwag word oor die sentrale en suidelike dele van die land vir die res van die week tot die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, meteoroloog by die Windhoek weerkantoor gepraat.
25 Mar 10AM 1 min