Parlement wil weet oor Nsfaf integrasie by onderwys

Loading player...
Die parlement soek duidelikheid oor die herintegrasie van die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds, Nsfaf, in die onderwysministerie. Dit is geskeduleer om vandeesmaand plaas te vind. Hierdie stap volg op 'n kabinetsbesluit van 2021 wat daarop gemik is om doeltreffendheid te verbeter, koste te verminder en studentebefondsing onder direkte regeringstoesig te konsolideer. Die PDM-parlementslid Inna Hengari het in die Nasionale Vergadering gesê die ministerie moet 'n duidelike strategie aanbied, en opgemerk dat daar voortdurend vrae rondom die integrasieproses is.
3 Oct 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Karakoelraad soek aansoekers

Die landbouministerie het 'n oproep vir uitdrukkings van belangstelling uitgereik en gekwalifiseerde Namibiërs genooi om aansoek te doen vir poste op die Karakoelraad van Namibië voor die sperdatum van 17 April. Dit kom terwyl die huidige raadslede se termyne verstryking nader, met nuwe aanstellings wat daarop gemik is om bestuur…
25 Mar 11AM 1 min

COPE juig oor arres van senior polisiebeamptes in tenderskandaal

Die Congress of the People verwelkom die inhegtenisneming van 12 senior Suid-Afrikaanse Polisiediens-beamptes oor hul beweerde rol in 'n Medicare24-tenderskandaal van 360-miljoen-rand, wat verbind word met die sakeman Vusimuzi Matlala. Pakes Dikgetsi van Cope sê die beskuldigdes het na wat berig word omkoopgeld ontvang, insluitend luukse voertuie en ander voordele…
25 Mar 11AM 1 min

Nog donderstorms tot die naweek op pad

Meer donderstorms kan verwag word oor die sentrale en suidelike dele van die land vir die res van die week tot die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, meteoroloog by die Windhoek weerkantoor gepraat.
25 Mar 10AM 1 min