Giwusa soek nasionalisering van myne

Loading player...
Die vakbond Giwusa dien vandag by die Menseregtekommissie se ondersoekeenheid voorleggings in oor privaat mynbedrywighede en Operasie Vala Umgodi in Johannesburg. Die ondersoek gaan onder meer oor die uitwerking van privaat en onwettige mynbedrywighede op die menseregte van die Stilfontein-gemeenskap, en die beleidsgapings en raamwerk oor privaat mynbedrywighede. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê hulle eis die nasionalisering van die mynbedryf:
2 Oct 2025 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Karakoelraad soek aansoekers

Die landbouministerie het 'n oproep vir uitdrukkings van belangstelling uitgereik en gekwalifiseerde Namibiërs genooi om aansoek te doen vir poste op die Karakoelraad van Namibië voor die sperdatum van 17 April. Dit kom terwyl die huidige raadslede se termyne verstryking nader, met nuwe aanstellings wat daarop gemik is om bestuur…
25 Mar 11AM 1 min

COPE juig oor arres van senior polisiebeamptes in tenderskandaal

Die Congress of the People verwelkom die inhegtenisneming van 12 senior Suid-Afrikaanse Polisiediens-beamptes oor hul beweerde rol in 'n Medicare24-tenderskandaal van 360-miljoen-rand, wat verbind word met die sakeman Vusimuzi Matlala. Pakes Dikgetsi van Cope sê die beskuldigdes het na wat berig word omkoopgeld ontvang, insluitend luukse voertuie en ander voordele…
25 Mar 11AM 1 min

Nog donderstorms tot die naweek op pad

Meer donderstorms kan verwag word oor die sentrale en suidelike dele van die land vir die res van die week tot die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, meteoroloog by die Windhoek weerkantoor gepraat.
25 Mar 10AM 1 min