
Verlaging van stemouderdom 'positief vir demokrasie'
Loading player...
Die debat oor die verlaging van die stemouderdom van 18 na 16 duur voort. AR-parlementslid Tuhafeni Kalola het 'n mosie in die parlement ter tafel gelê waarin hy aanvoer dat as 16-jariges as volwasse genoeg beskou word om tot seks in te stem en aansoek te doen vir identiteitsdokumente, hulle ook die reg moet hê om te stem. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Ethne Mudge, menseregtekonsultant en veranderingsprosesfasiliteerder, die inisiatief as 'n positiewe stap vir demokrasie beskryf.