
Optimisme oor mynbousektor, maar...
Loading player...
Namibië se mynbousektor se Beleggingsaantreklikheidsindeks in die Fraser Instituut-opname het met 10 punte gestyg en is nou 35ste wêreldwyd, vanaf die 42ste plek. Streeksgewys bly dit Afrika se vierde top-mynboubestemming. Volgens die Kamer van Mynwese bly die vooruitsigte vir die mynbousektor oor die algemeen optimisties. 'n Voorgestelde 51 persent plaaslike eienaarskapsreël vir nuwe projekte kan egter die momentum ontspoor. Kosmos 94.1 Nuus het met Lauren Graham, die kamer se hoofekonoom, gepraat.