
Rassie tevrede met ontwikkeling van Bok-groep
Loading player...
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy is tevrede met die manier waarop die groep vanjaar ontwikkel het, veral wat die diepte en verskillende sterkpunte betref. Nie een van die 36 spelers wat hy in vanjaar se Rugbykampioenskap ingespan het, was die volle 400 minute van die vyf rondes op die veld nie. Agt-en-twintig Bokke het vanjaar drieë gedruk. Erasmus sê die onderlinge uitruilbaarheid van verskillende kombinasies is nog iets waaraan voortdurend gewerk word: