
Mynbou in suidelike Krugerwildtuin moet staak
Loading player...
AfriForum doen 'n beroep dat mynbouaktiwiteite naby die suidelike deel van die Nasionale Krugerwildtuin dadelik gestaak moet word in die afwesigheid van omgewingsgoedkeuring en toestemming deur die grondeienaar. Die organisasie sê boorwerk en geografiese ondersoeke op grond van die Tenbosch-, Turfbelt- en Tecklenburg Ranch is onwettig, en geen omgewingsimpakstudie is in plek nie. Die Omgewingsake-raadgewer Marais de Vaal waarsku oor regsoptrede met koste indien bedrywighede nie teen volgende Dinsdag gestaak word nie: