Gemeenskappe gemaan om geskenkte toerusting te beskerm

Loading player...
Die Duitse KfW ontwikkelingsbank doen 'n beroep op bewaringsorganisasies om gemeenskapsgedrewe bewaring te prioritiseer en sleutelinfrastruktuur te beskerm vir langtermyn-impak. Dit kom nadat die bank toerusting en infrastruktuur ter waarde van 15 miljoen Namibiese dollar in Oshakati oorhandig het, wat daarop gemik is om konflik tussen mens en wild aan te pak en alternatiewe lewensbestaan onder die Postgen-projek te bevorder. Die KfW-portefeuljebestuurder, Nuria Stormer verduidelik.
30 Sep 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Al meer tienermoeders in SA

Die departement van gesondheid sê die aantal tienermoeders het op Kersdag toegeneem van 90 in 2024 tot net meer as 130 vanjaar. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê dit is volgens die volledige aangetekende aantal babas wat op Kersdag regoor die land in openbare gesondheidsfasiliteite gebore is. Hy sê…
27 Dec 5AM 1 min

Hewige storms saai verwoesting in KZN

Die KwaZulu-Natalse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Thulasizwe Buthelezi, sê altesaam 125 huishoudings is in die Amajuba- en Umzinyathi-distrikte beskadig na hewige donderstorms 'n spoor van verwoesting gelaat het. Die departement se woordvoerder, Senzelwe Mzila, sê 'n gevaarlike weerstelsel wat gekenmerk is deur swaar reën, groot hael en…
27 Dec 3AM 1 min

Vasbyt-aksie op Walvisbaai vandag

Vandag brul die enjins aan die kus met die Weskus Vasbyt wat vanaf agt uur vir 'n volle dag van veldry-aksie by die Motorsportpark in Walvisbaai gaan sorg. Bianca Oosthuizen het meer:
26 Dec 11PM 1 min

Oppas vir vals polisie- en munisipale beamptes

Nabootsingsfoefies is aan die toeneem reg oor die land. Misdadigers wat hulle as polisiebeamptes en munisipale amptenare voordoen, verkry toegang tot huise of mislei inwoners om geld te oorhandig. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Grootfontein munisipaliteit, Luke Salomo, gepraat wat berigte bevestig het van individue wat…
26 Dec 4AM 1 min

Nuwe BKS-gevalle in Oos-Kaap aangemeld

Die Oos-Kaapse LUR vir Landbou, Nonceba Kontsiwe, het boere opdrag gegee om nie diere te skuif nie, aangesien gevalle van bek-en-klouseer steeds in die provinsie aangemeld word. Sy sê 'n bevestigde geval is nou in die Amahlathi Plaaslike Munisipaliteit opgespoor. Verdagte gevalle wat simptome toon wat ooreenstem met bek-en-klouseer, is…
26 Dec 4AM 1 min