Toivo ya Toivo-standbeeld pryk op Robbeneiland

Loading player...
‘n Standbeeld van die ontslape Namibiese vryheidsvegter en een van Swapo se stigterslede, Andimba Toivo ya Toivo, is Saterdag op Robbeneiland naby Kaapstad onthul. Toivo ya Toivo was 16 jaar ‘n gevangene op Robbeneiland, onder andere saam met Nelson Mandela. ‘n Muur van herinnering met die name van 5 000 voormalige gevangenes is ook tydens Saterdag se geleentheid onthul. Onderwys- en kultuurminister Sanet Steenkamp het dit bygewoon:
28 Sep 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cosatu bekommerd oor Madlanga-onthullings

Cosatu het sy ernstige kommer uitgespreek oor die bewerings wat deur die Madlanga-kommissie ontbloot is oor politieke inmenging in die strafregstelsel. Die federasie doen 'n beroep op almal wat betrek word om duidelikheid te gee oor hierdie baie ernstige bewerings, veral dié wat verband hou met politieke moorde. Edwin Mkhize…
28 Sep 6AM 1 min

Hawe, infrastruktuur aanloklik vir VSA-beleggers

Namibië se hawe-ontwikkelings en ander belangrike infrastruktuurprojekte lok belangstelling onder Amerikaanse beleggers uit. Die uitvoerende hoof en voorsitter van die Amerikaans-gebaseerde Corporate Council on Africa, Florizelle Liser, het Vrydag met president Netumbo Nandi-Ndaitwah in die VSA ontmoet om ekonomiese bande tussen die twee lande te versterk.
28 Sep 4AM 1 min

Miljoene om meer aartappels te plant

Die Namibiese Akkerbouraad het ‘n ontwikkelingskema vir aartappel-verbouing van stapel gestuur in ‘n poging om plaaslike produksie te bevorder en invoere te verminder. Die Akkerbouraad sal produksiekoste met 50 persent subsidieer, terwyl Agribank lenings vir die oorblywende helfte sal toestaan. Vir die volgende vyf jaar, sal 5,5 miljoen Namibiese dollar…
28 Sep 3AM 1 min

Rusland sal nie aggressie duld nie, dreig Lavrov

Rusland se minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, sê die land het geen voornemens om die Europese Unie of Navo-lidlande aan te val nie. Moskou sal egter beslissende stappe neem teen enige aggressie wat daarteen gemik word, het Lavrov Saterdag in ‘n toespraak by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering…
28 Sep 1AM 1 min

Etosha-brand: Nóg honderde soldate ontplooi

Die weermag ontplooi vandag nóg 500 soldate in die Etosha Nasionale Park om veldbrande te help bestry. Bykans 800 000 hektaar, of 34 persent van Etosha, het is reeds vernietig, het omgewingsminster Indileni Daniel Saterdag bevestig. Meer as twintig naburige boere help sedert Vrydag amptenare van die ministerie en reeds…
28 Sep 12AM 1 min