
Patriotic Alliance dreig ANC met DA-alliansie
Loading player...
Die president van die Patriotic Alliance en die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, dreig die ANC dat sy party 'n koalisie met die DA sal vorm in volgende jaar se plaaslike regeringverkiesing. Dit volg na sy eis dat die adjunkpresident van die PA, Kenny Kunene teen Dinsdag as burgemeesterskomiteelid vir Vervoer in Johannesburg heraangestel moet word. McKenzie het gedreig om as minister te bedank, en waarsku dat die PA landwyd van alle koalisies met die ANC sal onttrek, omdat die ANC sy party opsyskuif: