
Uranium One bly verbind tot Leonardville-projek
Loading player...
Uranium One-woordvoerder Riaan van Rooyen sê die maatskappy bly verbind tot sy in-situ uraanlogingsprojek in Leonardville, ten spyte van sterk teenkanting van boere en goedkeuringsvertragings by die landbouministerie, en vrese oor besoedeling van die Stampriet-akwifeer. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Van Rooyen gesê die metode is oor 60 jaar verfyn en die huidige eksplorasiefase is noodsaaklik om data in te samel. Van Rooyen het meer.