
Werkloosheid: Hou op wag vir regering
Loading player...
Jeugwerkloosheid in Oshikoto het tot 63 persent gestyg, en die land se grootste vakbond sê dat 'n oplossing nie in kantore lê nie, maar in die landerye. Die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers, Job Muniaro, het tydens 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus 'n nasionale denkwyseverskuiwing aangespoor en landbou Namibië se mees oor die hoof gesiene enjin vir werkskepping genoem. Die vakbond sê dis tyd om op te hou wag vir die regering en eerder plaaslike grond, vaardighede en kennis begin gebruik om gemeenskappe te voed en blywende werk te skep.