
Om Kruger Wildtuin se naam te verander kan skade berokken - DA
Loading player...
Die DA het die mosie wat in die Mpumalanga Wetgewer goedgekeur is om die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe en die Nasionale Krugerwildtuin te hernoem, as suiwer politieke vertoon verwerp en sê dit het geen regswaarde nie. Die mosie, wat deur die ANC, EFF en MK-partye ondersteun is, word beskryf as 'n growwe misverstand van die regsproses. DA-woordvoerder Willie Aucamp waarsku dat sulke stappe toerisme, poste, en die ekonomie bedreig. Hy het daarop gewys dat slegs die nasionale regering geografiese naamveranderings kan doen: