Saftu is boos vir Trump se klimaataanslag

Loading player...
Die vakbond Saftu sê president Donald Trump van Amerika se onlangse opmerkings oor klimaatsverandering is roekeloos en kom neer op ʼn gevaarlike vorm van klimaatsontkenning en imperialistiese arrogansie. Trump het vroeër die week in ʼn skerp aanval op die Verenigde Nasies gesê klimaatsverandering is die grootste skelmstreek wat nog ooit op die wêreld afgedwing is. Saftu se hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, sê terwyl Trump met hernubare energie spot, beleef werkers en arm gemeenskappe ongekende klimaatsrampe:
25 Sep 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NNN pleit vir vreedsame atoomkraggebruik

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens ‘n hoëvlak-vergadering by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York gesê atoom-energie moet vir vreedsame doeleindes aangewend word. Namibië is een van die drie grootste uraanprodusente ter wêreld en probeer lidmaatskap by die Kernverskaffersgroep te verkry.
27 Sep 6AM 1 min

Europese Raad roskam Rusland

Die president van die Europese Raad, Antonio Costa, veroordeel Russiese aggressie en waarsku dat die oortredings deur ‘n permanente lid van die VN se Veiligheidsraad plaas elke VN-lidland in gevaar. Costa het in New York by die 80ste algemende vergadering van die VN gepraat.
27 Sep 5AM 1 min

AfriForum boos oor Paul Kruger-standbeeld

AfriForum het die aanval op die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in Pretoria veroordeel, waar dele van twee Boere-krygerstandbeelde en die veiligheidsheining beskadig is. Die voorval volg 'n week nadat die EFF die verwydering van Afrikanermonumente in die parlement versoek het. Ernst van Zyl van AfriForum sê die organisasie sal strenger…
27 Sep 4AM 1 min

Net meer as helfte van werkgewers betaal minimumloon

Die arbeidsministerie het onthul dat slegs 55 persent van werkgewers voldoen aan die nasionale minimumloon wat in Januarie vanjaar in werking getree het. Die ministerie het tot dusver vanjaar 1 377 werkplekinspeksies uitgevoer. Terwyl 1,3 miljoen Namibiese dollar in onbetaalde lone vir meer as 2 100 werkers verhaal is, skiet…
27 Sep 3AM 1 min

Patriotic Alliance dreig ANC met DA-alliansie

Die president van die Patriotic Alliance en die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, dreig die ANC dat sy party 'n koalisie met die DA sal vorm in volgende jaar se plaaslike regeringverkiesing. Dit volg na sy eis dat die adjunkpresident van die PA, Kenny Kunene teen Dinsdag…
27 Sep 2AM 1 min