
Karas kry reën vanaf môre
Loading player...
Somer is op pad en reënpatrone begin ontwikkel. Die intertropiese vogband begin reeds inbeweeg met ‘n paar druppels, op tyd vir die tyd van die jaar, sê weerkenner George van der Merwe. Hy voeg by donderweerselle ontwikkel oor Angola en so ook die Suid-Angolese laagdruk wat ‘n goeie teken is want goeie vog kom dan oor Namibië in. Maar, die fokus lê nou op vanmiddag en môre, oor die Suide.