
NaCC oorweeg Nasan Energies se verkryging van vulstasies
Loading player...
Die Namibiese Mededingingskommissie sê hulle hersien tans Nasan Energies Namibia se voorgestelde verkryging van 53 Engen- en Shell-handelsmerk-vulstasies. Woordvoerder Dina //Gowases het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat 'n ondersoekproses aan die gang is om te bepaal of die transaksie voldoen aan die regulatoriese voorwaardes wat tydens die 2023-samesmelting tussen Vivo Energy en Engen Limited gestel is. Daardie voorwaardes het die verkoop van sekere bates aan 'n Namibiese entiteit met beperkte markaandeel vereis. //Gowases het meer.