Wiele2Wiele ry Audi se A3-sedan

Loading player...
Hierdie week vir Wiele2Wiele vier Toyota sy Hilux se ryke geskiedenis in Suid-Afrika met die bekendstelling van die Hilux Legend 55. Vir die padtoets van die week klim die span agter die stuur van die Audi A3 sedan in.

Daarna kyk hulle terug na die naweek se motorsport-aksie met die Extreme Festival se GR Cup en vertel jou meer van die ’Killarney Time Attack Powered by MasterDrive’ wat hierdie komende naweek plaasvind. Hulle gesels ook met Clinton oor sy Moto Bike Shed-storie en wat hulle alles vir jou kan bied.
19 Sep 2025 Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele: Ford Ranger Platinum, GWM Tank 300D onder loep

Hierdie week vir Wiele2Wiele vat die manne die ateljee oor en gesels oor die Ford Ranger Platinum, die GWM Tank 300D en die Tata Harrier. Daar is finansiële raad, ’n bietjie motorfiets-nostalgie en ook terugvoer oor die eerste MotorGP-ren vir die jaar.
5 Mar 26 min

Wiele2Wiele ry Suzuki Grand Vitara

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele klim hulle agter die stuur van die Suzuki Grand Vitara en vat jou saam vir die rit. Dan skuif hulle aan vir ’n insiggewende gesprek met Boddy Ramagwede van die AA oor sy #SaferCarsForAfrica-veldog. Daarna gesels hulle met Arnold Olivier van AMID (Association…
26 Feb 25 min

Wiele2Wiele ry Leapmotor se C10 REEV

Wiele2Wiele het die jaarlikse Stand van die Motorbedryf-aanbieding (Somi) deur Toyota Suid-Afrika bygewoon vir die jongste nuus uit die bedryf, asook watter nuwe Toyota-modelle op pad is. Hulle gaan ook ry met Leapmotor se C10 REEV, wat staan vir Range Extended Electric Vehicle.
20 Feb 26 min

Wiele2Wiele ry Tata Tiago

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou wat nuus is by Volkswagen SA na afloop van die jaarlikse VW Indaba. Hulle gaan ry ook met die Tata Tiago, met ’n beginprys van R185 000.
12 Feb 26 min

Wiele2Wiele gesels oor Motor van die Jaar-finaliste

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle vir jou wie die 18 finaliste vir die SAGMJ se Motor van die Jaar-kompetisie is en spandeer ook tyd met een van daardie finaliste – die Volvo EX90 Twin Performance Ultra.
6 Feb 26 min