Vrydag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

Loading player...
2 SAMUEL 22
Dit is God wat die oorwinning gee
(Vgl. Ps. 18:1-51)
1Dawid het die woorde van hierdie lied tot die Here gerig op die dag toe die Here hom gered het uit die mag van al sy vyande en uit die mag van Saul.
2Die Here is my rots, my skuilplek en my redder,
3my God, my rots, by wie ek skuil,
my skild en sterk verlosser, my veilige vesting,
my toevlug en bevryder.
Van geweld het U my verlos.
4Onder bespotting roep ek na die Here,
dan word ek van my vyande gered.
5Waarlik, golwe van die dood het my omsluit,
strome van onheil het my verskrik.
6Bande van die doderyk het my vasgetrek,
strikke van die dood het my bedreig.
7In my nood roep ek na die Here,
ja, ek roep om hulp na my God.
In sy paleis hoor Hy my geroep.
Ek roep na Hom om hulp,
en Hy luister na my.
19 Sep 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Ds Wimpie Raath

1 TESSALONISENSE 3 12En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. 1 PETRUS 2 22“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” ROMEINE 12 Riglyne vir…
13 Sep 1PM 19 min

Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

1 JOHANNES 4 God is liefde 7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar:…
13 Sep 3AM 30 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

ROMEINE 8 35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” 37Maar in al hierdie dinge is…
11 Sep 2AM 11 min