
SA tree op om internasionale reg in Gaza te handhaaf
Loading player...
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het aan die parlement gesê Suid-Afrika se optrede volg die Volksmoordkonvensie na en geskille oor staatsverantwoordelikheid moet na die Internasionale Geregshof verwys word. Lamola het bewyse van volksmoordverklarings deur Israelse amptenare uitgelig en aanvalle op burgerlikes in Gaza veroordeel. Hy beklemtoon Suid-Afrika sal voortgaan om geregtigheid deur globale instellings na te streef om verantwoordbaarheid en die wêreldwye toepassing van humanitêre reg te verseker: