
Bokke se Hooker senuagtig, maar opgewonde vir Saterdag
Loading player...
Rugby: Die Springbok-agterspeler Ethan Hooker sê hy is tegelykertyd senuweeagtig en opgewonde, maar fokus net daarop om na die beste van sy vermoë te speel. Die 22-jarige speler draf Saterdag die eerste keer in die opdrafspan uit wanneer Suid-Afrika en Nieu-Seeland in Wellington kragte meet. Hy was verlede week in Edenpark op die plaasvervangersbank. Hooker sê sy enigste doelwit is om uit te gaan en homself sonder vrees uit te druk: