Ombud-kantoor eis optrede teen minderjarige verkragtings

Loading player...
Die kantoor van die Ombudsman sê die onlangse verkragting van twee minderjariges in die noorde beklemtoon die dringende behoefte om kinderbeskerming te versterk, veral in kwesbare landelike gemeenskappe. 'n Sesjarige meisie is na bewering deur 'n 16-jarige veewagter in Ondangwa verkrag, terwyl 'n 13-jarige San-meisie na bewering verskeie kere deur 'n 47-jarige buurman in Oshivelo aangerand is. Die hoof van die kantoor, Ingrid Husselmann, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê gemeenskapsgebaseerde beskermingstelsels is nodig asook hulp aan die slagoffers.
10 Sep 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lynminister ontken ten sterkste weermag-wapens word vermis

Die verdedigingsministerie het bewerings verwerp dat wapens van sy weermag bendegeweld in Suid-Afrika se Wes-Kaap aanvuur. Dit volg op 'n verslag deur die Global Initiative Against Transnational Organised Crime, wat beweer dat sommige bendeleiers vuurwapens uit Namibiese polisie- en militêre voorrade verkry het. Die verslag het weer opgeduik na die…
10 Sep 10AM 1 min

Ondersoek probleme by Agribank, vra Venaani

PDM-leier McHenry Venaani doen 'n beroep op finansminister Erica Shafudah, om interne probleme by Agribank te ondersoek. Venaani het vanmiddag in die Nasionale Vergadering beweer dat vertragings, insluitend 'n ses maande lange leningsgoedkeuringsproses en burokratiese rompslomp, boere daartoe dryf om kopers wat Agribank-finansiering by veilings gebruik, te verwerp en eerder…
10 Sep 10AM 1 min

Groenwaterstof-drome benodig dringende aksie: Ithete

Die minister van mynbou en energie, Natangwe Ithete, het 'n beroep gedoen op dringende optrede om die land se groenwaterstof ambisies in tasbare voordele vir gewone burgers te omskep. Hy het vanoggend by die Globale Afrika-groenwaterstofberaad in Windhoek gesê die tyd vir beplanning en beloftes is verby. Die fokus moet…
10 Sep 10AM 1 min

DA prys groeiende landbousektor onder Steenhuisen

Die DA sê hy verwelkom die voortgesette groei in die landbousektor se bydrae tot die bruto binnelandse produk onder die rentmeesterskap van minister John Steenhuisen. Die sektor het in die tweede kwartaal vanjaar met 2,5-persent gegroei ná ʼn hersiene 18,6-persent styging in die eerste kwartaal. Dis hoofsaaklik toegeskryf aan toenemende…
10 Sep 10AM 1 min