Woensdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

Loading player...
MATTEUS 15

Die Kanaänitiese vrou
(Mark. 7:24-30)
21Jesus het daarvandaan weggegaan en na die streke van Tirus en Sidon toe vertrek. 22'n Kanaänitiese vrou wat in daardie gebied gewoon het, het onverwags by Hom aangekom. Sy het aanhoudend geroep: “Ontferm U oor my, Here, Seun van Dawid! My dogter is in die mag van 'n bose gees, en dit gaan sleg.”
23Maar Hy het haar niks geantwoord nie.
Sy dissipels kom toe by Hom en vra: “Stuur haar weg, want sy hou aan met skreeu hier agter ons.”
24Jesus antwoord: “Ek is net na die verlore skape van die volk Israel toe gestuur.”
25Maar die vrou kom kniel voor Hom en sê: “Here, help my!”
26Hy sê vir haar: “Dit is nie mooi om die kinders se brood te vat en vir die hondjies te gooi nie.”
27“Dit is waar, Here,” sê sy, “maar die hondjies eet darem van die krummels wat van hulle base se tafels afval.”
28“Mevrou,” sê Jesus vir haar, “jou geloof is groot. Jou wens word vervul.”
Van daardie oomblik af was die dogter gesond.
10 Sep 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Ds Wimpie Raath

1 TESSALONISENSE 3 12En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. 1 PETRUS 2 22“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” ROMEINE 12 Riglyne vir…
13 Sep 1PM 19 min

Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

1 JOHANNES 4 God is liefde 7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar:…
13 Sep 3AM 30 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

ROMEINE 8 35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” 37Maar in al hierdie dinge is…
11 Sep 2AM 11 min