
Bibi sê Israel het alleen opgetree in Doha
Loading player...
Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu sê sy land het heeltemal onafhanklik opgetree in sy aanvalle op Katar. Die Israelse weermag het Dinsdag die Hamas-leierskap in Doha aangeval. Hamas sê vyf lede is in die aanval dood, maar die onderhandelingspan is ongedeerd. Katar is ʼn belangrike bemiddelaar in onderhandelings oor ʼn skietstilstand, en behou regstreekse kontak met Amerika, Israel en Hamas. Netanyahu sê terreurleiers is nie meer onaantasbaar nie: