MVA konsulteer oor, onder andere, begrafnistoegaag

Loading player...
Die Motorvoertuigongelukfonds is besig om openbare konsultasies oor voorgestelde veranderinge aan sy 2007-wet af te sluit. Een sleutelkwessie is die 7 000 Namibiese dollar begrafnistoelaag wat aan families van padongelukslagoffers betaal word. In 2007 was dit 'n ruim bedrag, maar dek tans skaars die basiese begrafniskoste. Finale konsultasies oor die MVA-wysigingswetsontwerp vind vandag plaas by die Gateway-sentrum in Windhoek. Jethro Kwenani, die fonds se hoof van korporatiewe kommunikasie, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
10 Sep 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cyril verdedig 42 adjunkministers

President Cyril Ramaphosa het die rol van adjunkministers verdedig, ten spyte van kritiek oor die hoë koste vir belastingbetalers. Ramaphosa het in die parlement gesê adjunkministers voeg steeds waarde by die regering se bedrywighede. Athol Trollip van ActionSA voer aan dat 42 adjunkministers verkwistende uitgawes is en op begunstiging neerkom…
10 Sep 6AM 1 min

Net Trump kan Putin tot onderhandelings dwing - Rutte

Navo se sekretaris-generaal Mark Rutte sê dat hy glo dat die Amerikaanse president Donald Trump deurslaggewend is om die Russiese president Vladimir Putin na die onderhandelingstafel oor die oorlog in Oekraïne te bring. Hy sê hy self het baie ervaring met Putin. Hy het met Britse media gepraat.
10 Sep 6AM 1 min

Jaarlikse Anton Lubowski-gedenklesing vanaand

Die Universiteit van Namibië, in vennootskap met die Universiteit Stellenbosch, bied vanaand die sesde jaarlikse Anton Lubowski-gedenklesing aan op die Unam-kampus in Windhoek. Ter ere van die lewe en nalatenskap van die oorlede anti-apartheidsaktivis, is die tema: "Van Blootstelling tot Aksie – Versterking van Stelsels in die Stryd Teen Korrupsie."…
10 Sep 6AM 1 min

Ekonoom sê goud sal verder styg, tot verby US$4 000

Goud het die week vir die eerste keer verby die 3 600 Amerikaanse dollar-kerf gestyg en 'n rekordhoogtepunt bereik. Op die oomblik verhandel ‘n fynons net bo 3 645 dollar. Dit kom te midde van verwagtinge dat die Amerikaanse Federale Reserweraad volgende week rentekoerse sal verlaag na Amerikaanse werksskepping in…
10 Sep 6AM 1 min

Ombud-kantoor eis optrede teen minderjarige verkragtings

Die kantoor van die Ombudsman sê die onlangse verkragting van twee minderjariges in die noorde beklemtoon die dringende behoefte om kinderbeskerming te versterk, veral in kwesbare landelike gemeenskappe. 'n Sesjarige meisie is na bewering deur 'n 16-jarige veewagter in Ondangwa verkrag, terwyl 'n 13-jarige San-meisie na bewering verskeie kere deur…
10 Sep 6AM 1 min