Kommer oor Mpumalanga grenspos

Loading player...
ActionSA sê hy is erg bekommerd oor die toestand van die Mananga-grenspos en omliggende gebiede soos Magudu in Mpumalanga. Die swak sekuriteit by die grens maak onwettige kruisings, misdaad en smokkelary moontlik wat die gemeenskappe naaste aan die grens kwesbaar laat. Norman Sibitane van ActionSA sê die Grensbestuurowerheid het nie voldoende kapasiteit nie en vra vir dringende nasionale optrede, sterker patrollies en behoorlike befondsing, om Suid-Afrika se soewereiniteit en landsburgers te beskerm, en wet en orde langs hierdie grense te handhaaf:
9 Sep 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Walmart is op pad na SA toe

Die Amerikaanse kleinhandelreus, Walmart, beplan om sy eerste handelsmerkwinkels in Suid-Afrika oop te maak. Die stap volg ná sy groeiberaad, waartydens Afrika-gebaseerde verskaffers gewerf is. Massmart se uitvoerende hoof, Miles van Rensburg, sê Walmart beoog om alledaagse lae pryse te bied en plaaslike verskaffers te ondersteun. Van Rensburg sê die…
10 Sep 2AM 1 min

Bibi sê Israel het alleen opgetree in Doha

Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu sê sy land het heeltemal onafhanklik opgetree in sy aanvalle op Katar. Die Israelse weermag het Dinsdag die Hamas-leierskap in Doha aangeval. Hamas sê vyf lede is in die aanval dood, maar die onderhandelingspan is ongedeerd. Katar is ʼn belangrike bemiddelaar in onderhandelings oor…
10 Sep 2AM 1 min

Trump voel sleg oor Katar-aanval

Amerikaanse president Donald Trump voel baie sleg oor Israel se aanval op Hamas-teikens in Katar en het 'n top-gesant, Steve Witkoff, gelas om Katar teen die aanval te waarsku. Dit is volgens 'n verklaring wat deur die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, by 'n perskonferensie gelees is. Trump het nie…
10 Sep 1AM 1 min

MVA konsulteer oor, onder andere, begrafnistoegaag

Die Motorvoertuigongelukfonds is besig om openbare konsultasies oor voorgestelde veranderinge aan sy 2007-wet af te sluit. Een sleutelkwessie is die 7 000 Namibiese dollar begrafnistoelaag wat aan families van padongelukslagoffers betaal word. In 2007 was dit 'n ruim bedrag, maar dek tans skaars die basiese begrafniskoste. Finale konsultasies oor die…
10 Sep 1AM 1 min

Namibië herdenk selfmoordvoorkomingsdag, te midde van selfmoordkrisis

Vandag is Wêreldselfmoordvoorkomingsdag, terwyl die krisis in Namibië verdiep. Meer as 540 Namibiërs het die afgelope jaar hul eie lewens geneem, 'n hartverskeurende tol wat pyn weerspieël wat te dikwels in stilte gely word. Vandag is 'n wêreldwye oproep om die stigma te breek, te luister en op te tree…
10 Sep 1AM 1 min