
Groenwaterstofprogram verken geleenthede in S-Korea
Loading player...
Namibië versterk steeds sy globale groenenergie-bande, hierdie keer in Suid-Korea. Deur sy Groenwaterstofprogram neem Namibië deel aan 'n hoëvlak-beleidsforum in Seoel, wat daarop gemik is om die groen waterstofwaardeketting te versterk. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê programwoordvoerder Jona Musheko dat die forum - aangebied deur Suid-Korea se Nasionale Vergadering en Jeju-provinsie - 'n geleentheid is om Namibië as 'n toekomstige verskaffer van groen waterstof te posisioneer.