Waagkapitaal belangrik vir SME ontwikkeling

Loading player...
Die Namibia Business Angel Network het saam met Bellatrix SME Finance en Bellatrix Investment Managers 'n driejaar-inisiatief aangegaan om 450 000 Namibiese dollar in vroeëfase-innovasie te belê. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het SMEs Compete se Danny Meyer gesê dat waagkapitaalbelegging 'n baie belangrike instrument is om entrepreneurs te help om hul onderneming te begin of om hul onderneming te laat groei of te skaal.
9 Sep 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

IKT-sektor lok N$2 miljard, dra 2,5% tot BBP by

Namibië se digitale toekoms lyk helderder na die inligtingkommunikasie-tegnologiesektor die afgelope jaar 'n massiewe 1,2 miljard Namibiese dollar in beleggings gelok het. Die Kommunikasie-reguleringsowerheid, Cran, sê die bedryf dra nou 2,5 persent tot die land se bruto binnelandse produk by. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano het die besonderhede met Kosmos 94.1 Nuus…
9 Sep 9AM 1 min

'Huiskoper'-moordenaar kry 2x lewenslank

Die Nasionale Vervolgingsgesag verwelkom die vonnis van Raymond Steven Jan-Erick Smith. Die Hooggeregshof in Pretoria het Smith twee lewenslange vonnisse opgelê vir twee moorde, drie jaar vir poging tot moord, en agt jaar tronkstraf vir poging tot roof met verswarende omstandighede. Die NVG se woordvoerder, Lumka Mahanjana, sê die Batebeslagleggingseenheid…
9 Sep 9AM 1 min

Owerheid keelvol vir hommeltuig-oortredings

Die Namibiese Burgerlugvaartowerheid spreek kommer uit oor 'n toename in roekelose gebruik van hommeltuie regoor die land. Die owerheid sê hommeltuigoperateurs vlieg gevaarlik naby lughawens, militêre sones en selfs private huise. Die owerheid se woordvoerder Nelson Ashipala sê die owerheid is keelvol en waarsku dat streng stappe teen oortreders geneem…
9 Sep 7AM 1 min

Bafana moet alles uithaal teen Nigerië

Sokker: Bafana Bafana speel vandag in Bloemfontein teen Nigerië, wetende dat 'n oorwinning regstreekse kwalifikasie vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi sal verseker - mits geen strafpunte afgetrek word nie. FIFA moet nog beslis of Suid-Afrika drie punte moet verbeur vir die insluiting van die geskorste Teboho Mokoena in die span…
9 Sep 7AM 1 min

NamPol herinner aan Amnestiemaand, handig vuurwapens in

Met Amnestiemaand in September, moedig die Namibiese polisie die publiek aan om onwettige vuurwapens en ammunisie aan die polisie te oorhandig sonder vrees vir vervolging. Hierdie inisiatief, deel van die Afrika-Unie se "Maak die Gewere Stil"-veldtog, is daarop gemik om openbare veiligheid en vrede te bevorder deur die aantal onwettige…
9 Sep 6AM 1 min