
Innoverende landbou-projek vorder goed
Loading player...
Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram en die Britse Hoë Kommissariaat het 'n besoek aan Ikokola Village in Omusati afgelê om die vordering met 'n kritieke geïntegreerde voedselstelselprojek by die Mateus Nashandi Gekombineerde Skool te beoordeel. Sedert 2023 het die inisiatief skoolvoeding versterk, voeding verbeter en plaaslike landbou-ontwikkeling ondersteun. Theodor Uukongo van die Wêreldvoedselprogram het meer inligting aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.