
Xi vra eenheid in BRICS-lande
Loading player...
Die Chinese president, Xi Jinping, sê BRICS-lande moet verenig om multi-lateralisme te verdedig, oop handel te bevorder en samewerking vir gedeelde ontwikkeling te versterk. Hy het met die hulp van 'n tolk gepraat tydens die virtuele BRICS-leiersberaad en gewaarsku handelsoorloë en versperrings ontwrig die wêreldekonomie. Xi het lidlande aangespoor om saam te werk met die hervorming van wêreldbestuur, om die Wêreldhandelsorganisasie te ondersteun en inklusiewe, volhoubare groei te bevorder: