
Hyphen loods groenwaterstof-vaardigheidsensus
Loading player...
Hyphen Hydrogen Energy het 'n vaardigheidsensus in Namibië se groenwaterstofsektor van stapel gestuur. Die inisiatief, wat vanoggend in Windhoek bekendgestel is, is daarop gemik om kritieke vaardigheidstekorte in die plaaslike mark te karteer. Toni Beukes, hoof van Omgewings-, Sosiale en Bestuurswese by Hyphen, sê die opname sal 'n sleutelrol speel in die bou van 'n werksmag wat gereed is vir die land se groen energie-toekoms.