
'SA gesinne moet kies tussen kos en krag'
Loading player...
Die DA sê die Mededingingskommissie se verslag oor lewenskoste bevestig die ANC het sedert 2020 'n mislukte elektrisiteitsbeleid gedryf met pryse wat met 68 persent opgegaan het, meer as dubbeld dié van inflasie. Die party voer aan gesinne word gedwing om tussen kos en elektrisiteit te kies. Die DA-lid, Kevin Mileham, vra vir 'n nuwe prysbeleid, 'n einde aan Eskom se monopolie, en volle aanspreeklikheid vir regulatoriese mislukkings, insluitend die energiereguleerder Nersa se onlangse foutiewe berekening van 54 miljard rand: