Woord vir Vandag - 27 Sep 2025
Loading player...
“…En eintlik is die rede hoekom julle nie het wat julle wil hê nie, die feit dat julle God nie daarvoor vra nie.” Jakobus 4:2 NLV
Leer om te vra wat jy wil hê
Sommige mense weet wat hulle wil hê en het die moed om daarvoor te vra. Ander weer weet wat hulle nie wil hê nie en het die vermoë ontwikkel om dit op ‘n manier wat nie vyandigheid veroorsaak nie, te sê. As jy nie oefen om te vra wat jy wil hê nie, sal jy in frustrasie lewe. Sommige mense laat ander toe om hul grense te oortree terwyl hulle in stilte ly, in plaas daarvan om te vra dat hulle hul gedrag moet verander. Dit kan die moeilikste wees om in ‘n werksomgewing te vra wat jy wil hê. Moet nooit aanvaar dat jou welsyn voorop in jou baas se gedagtes is nie. Dit is nie ‘n aanklag teen jou baas nie, maar ‘n besef dat hulle waarskynlik met hul eie kwessies gemoeid is. As jy as salaristrekker byvoorbeeld voortdurend baie ure onbetaald oortyd werk, probeer om vir ‘n spesiale bonus te vra vir ‘n gedeelte van die bedrag wat dit die maatskappy sou gekos het as hulle jou vir die oortyd moes betaal. Bied ‘n weldeurdagte ontleding van die tyd wat jy oortyd gewerk het aan, of vra vir tyd af, gelykstaande aan ‘n gedeelte van die ure wat jy oortyd gewerk het. Bid natuurlik eers daaroor en vertrou God vir guns voordat jy vra. As dit misluk, hou aan om uitstekend in jou werk te wees en begin aan Plan B vir jou loopbaan dink. ‘n Sakevrou skryf: ‘Een van die uniekste eienskappe wat God aan ons gegee het, is die vermoë om te kommunikeer. Ons hoef nie te stres of te wens of te hoop dat iemand ons gedagtes sal lees, wanneer ons eenvoudig kan vra vir dit wat ons wil hê nie.’