Woord vir Vandag - 26 Sep 2025

Loading player...
“Mense wat graag uitdeel, ontvang altyd meer…” Spreuke 11:24 NLV

Hoe om vrygewig te word (2)

Iemand het die volgende oor geld gesê: ‘Jy kan nie wen nie. As jy daarop fokus om geld te maak, is jy materialisties. As jy probeer om geld te maak en dit nie regkry nie, is jy ‘n verloorder. As jy baie geld maak en dit vir jouself hou, is jy ‘n gierigaard. As jy geld maak en dit spandeer, is jy ‘n verkwister. As jy nie daaroor omgee om geld te maak nie, is jy sonder ambisie. As jy baie geld maak en dit steeds het wanneer jy doodgaan, is jy ‘n dwaas – omdat jy dit saam met jou probeer neem.’ Die enigste manier om werklik met geld te wen, is om dit losweg vas the hou; om vrygewig daarmee te wees en dinge van waarde te bereik. Die nyweraar Andrew Carnegie het in 1889 ‘n opstel met die titel: ‘Die evangelie van rykdom’ geskryf, waarin hy gesê het dat die lewe van ‘n ryk persoon twee fases moet beslaan: ‘n seisoen om rykdom te verkry en ‘n seisoen om dit te versprei. Die enigste manier om ‘n gesindheid van vrygewigheid te behou, is om ‘n gewoonte daarvan te maak om jou tyd, talente, aandag, hulpbronne en geld te gee. Hoe kan jy dus vrygewig word? 1) Vind uit watter tipe houvas jou besittings op jou het. Kies iets wat waarlik vir jou kosbaar is, dink aan iemand vir wie jy omgee wat dit nodig het, en gee dit dan vir daardie persoon. 2) Sit jou geld aan die werk. As jy iemand met ‘n visie om iets uitnemend te doen ken, verskaf aan hulle die hulpbronne om dit te doen. Soos John Nunyan gesê het: ‘Jy het nog nie vandag geleef as jy nog nie iets vir iemand wat jou nooit kan terugbetaal, gedoen het nie.’
5 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min