Woord vir Vandag - 25 Sep 2025

Loading player...
“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV

Hoe om vrygewig te word (1)

As jy ‘n vrygewige persoon wil word, moet jy die volgende doen: 1) Wees dankbaar vir wat jy het. Vrygewigheid ontstaan uit tevredenheid; dit ontstaan nie uit deur nog besittings bymekaar te maak nie. John D. Rockefeller het erken: ‘Ek het miljoene gemaak, maar dit het my geen geluk gebring nie.’ As jy nie met bietjie tevrede is nie, sal jy heel waarskynlik ook nie met baie tevrede wees nie. As jy ook nie vrygewig met die bietjie wat jy het is nie, sal dit waarskynlik nie ewe skielik verander wanneer jy ryk is nie. 2) Moenie toelaat dat die begeerte na besittings jou beheer nie. Jesus het gesê: ‘…Pas op! Moenie gierig wees vir wat jy nie het nie. Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie’ (vers 15 NLV). Richard Foster skryf: ‘In ons kultuur is dit ‘n obsessie om goed te besit. As ons dit besit, voel ons ons kan dit beheer; en as ons dit kan beheer, voel ons dit sal ons meer plesier verskaf. Dis egter ‘n illusie.’ 3) Sien geld as ‘n hulpbron. Die eerste keer wat die gewilde Franse skrywer Dominique Lapierre Indië besoek het, het hy met ‘n nuwe Rolls-Royce gery. Terwyl hy daar was, het hy navorsing vir sy boek, The City of Joy, gedoen. Hy het egter ook iets anders ontdek: ‘n passie om die armes te help. Hierdie ontdekking het sy lewe verander. Tot sy dood in Desember 2022 het hy sy tyd tussen skryf, fondsinsameling en hulp aan mense, verdeel. Sy houding kan saamgevat word deur hierdie woorde wat op die agterkant van sy besigheidskaartjie verskyn: ‘Alles wat nie uitgedeel word nie, gaan verlore.’
5 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min