Woord vir Vandag - 24 Sep 2025

Loading player...
“Jesus het hom daar sien lê… Hy vra hom toe: ‘Wil jy graag gesond word?’” Johannes 5:6 NLV

Wil jy gesond word?

Agt-en-dertig jaar lank het hierdie verlamde man tussen die siekes en gestremdes by die bad van Bethesda vir ‘n bonatuurlike ervaring wat sy miserabele bestaan kon verander, gewag. Elke keer het iemand egter voor hom in die bad geklim en gesond weggestap. Keer op keer, wanneer die geleentheid voorgekom het, was daar niemand wat hom kon help nie. Die omstandighede was altyd dieselfde; hy kon homself nie uit sy wanhoop en sy kwynende voorraad van hoop en geloof red nie. Miskien kan jy met hierdie man identifiseer. Miskien ken jy hierdie verhaal uit persoonlike ervaring. Dit gaan dalk oor liggaamlike siekte, maar dit kan ook oor dinge soos morele mislukking, verslawing, egskeiding, aborsie, berou, ouerskapmislukking, ensovoorts gaan. Soos die man by die bad, kan jou vriende jou nie red nie en jy besit nie die vaardighede wat nodig is om jouself te help nie. Jesus vra egter vir jou dieselfde vraag: ‘Wil jy graag gesond word? Hy bied jou liggaamlike genesing - en meer - aan. Hy weet dat jy dit nie self kan doen nie. Dit is ‘n kwessie van jou wil. Vir dinge om anders te wees, moet jy jou wil by die proses betrek. Die geloof wat jou gesond sal maak, is nie ‘n emosie of gevoel nie. Dit is ‘n daad van jou wil wat kies om op God se Woord te staan en te glo dat Hy vir jou sal doen wat Hy sê en jou gesond sal maak! ‘Onmiddellik het die man gesond geword, sy slaapmatjie opgetel en weggestap…’ (vers 9 NLV). Dit kan jou verhaal ook wees!
5 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min