Woord vir Vandag - 23 Sep 2025
Loading player...
“Moenie bang wees nie, want Ek is by jou… Ek maak jou sterk en wil jou help…” Jesaja 41:10 NLV
Bepaal jou eie lewenswyse
Wanneer jy leer om jouself te vergewe en te aanvaar, beteken dit dat jy vrede met jou menswees gemaak het en geleer het om in vrede met jou onvolmaakthede saam te leef. Jy besef dat dit wat jy deurgemaak het, saam met die genade van God, jou die mens gemaak het wat jy vandag is. Veronica Shoffstall het gesê: ‘Na 'n rukkie leer jy die subtiele verskil tussen om ‘n hand vas te hou en ‘n siel vas te ketting. Dat liefde nie noodwendig altyd ondersteuning, geselskap en sekuriteit beteken nie. Dat soene nie kontrakte is nie en geskenke nie beloftes nie. Jy begin om jou nederlae met jou kop omhoog en jou blik vorentoe te aanvaar, met die genade van ‘n volwassene, nie die hartseer van ‘n kind nie. Jy leer om al jou paaie vandag te bou, omdat môre se grond te onseker vir planne is. Na ‘n rukkie leer jy dat selfs sonskyn jou kan brand as jy te veel daarvan kry, dus plant jy jou eie tuin en versier jou eie siel in plaas daarvan om te wag dat iemand vir jou blomme bring. Jy leer dat jy regtig kan uithou, regtig sterk is en dat jy regtig die moeite werd is.’ Hierdie woorde kan in een frase opgesom word: Bepaal jou eie lewenswyse. Is dit maklik om te doen? Nee. Op dae wat dit moeilik raak om volgens jou eie voorwaardes te leef, belowe God jou: ‘Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help. Ek hou jou vas met my reddened regterhand.’ Dis ‘n belofte waarop jy kan staan!