Woord vir Vandag - 22 Sep 2025

Loading player...
“Soos ‘n arend haar kuikens grootmaak en bo-oor hulle sweef…” Deuteronomium 32:11 NLV

God druk jou uit jou gemaksone

In sy boek, Even Eagles Need a Push, beskryf David McNally ‘n arend wat haar kuikens leer om te vlieg: ‘Die arend het haar kuikens saggies na die rand van die nes gelok. Haar hart het van teenstrydige emosies gebewe toe sy hul weerstand teen haar aanhoudende druk voel. ‘Hoekom moet die opwinding van vlieg met die vrees om te val begin?’ Sy kon nog nie ‘n antwoord vir hierdie tydlose vraag vind nie. Haar nes was hoog op ‘n rotswand geleë. Daar was slegs lug onder die rotswand om die vlerke van elke kuiken te ondersteun. ‘Is dit moontlik dat dit hierdie keer nie gaan werk nie?’ dink sy. Ten spyte van haar vrese, het die arend geweet dat dit tyd is. Haar ouerlike plig was amper voltooi. Daar het nog een laaste taak oorgebly. Totdat haar kuikens hul vlerke ontdek, was daar geen doel vir hul lewe nie. Totdat hulle leer hoe om te sweef, sou hulle nie die voorreg verstaan om as ‘n arend gebore te word nie. Om hulle uit die nes uit te druk was die grootste geskenk wat sy hulle kon bied – haar grootste liefdesdaad. So het sy hulle een vir een uit die nes gedruk en hulle het gevlieg!’ Die Bybel sê: ‘Soos ‘n arend haar kuikens grootmaak en bo-oor hulle sweef, so sprei Hy sy vlerke en vang en dra hulle op sy vlerke. Net die Here bewaar hulle…’ (verse 11-12 NLV). Druk God jou uit jou gemaksone uit? Het jy jou werk en finansiële sekuriteit verloor? Of ‘n verhouding wat jy gedink het ‘n leeftyd sou duur? Voel dit of jy uit jou nes en oor die krans se rand gedruk word? Moenie bang wees nie; God sal jou vang. Nog beter – Hy sal jou leer om te vlieg.
5 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min