Woord vir Vandag - 21 Sep 2025

Loading player...
“…Dank Hom en prys sy Naam.” Psalm 100:4 NLV

Redes om dankbaar te wees (2)

Jon Gordon skryf: ‘Ek wil graag die voordele van twee eenvoudige woorde met jou deel. BAIE DANKIE. Hierdie woorde het die krag om ons gesondheid, geluk en sukses te transformeer. Navorsing toon dat dankbare mense gelukkiger is en meer geneig is om goeie vriendskappe te handhaaf. Dankbaarheid verbeter ook die hart se ritmiese funksionering, wat ons help om stres te verminder, duideliker onder druk te dink en fisies te genees. Dit is fisiologies onmoontlik om terselfdertyd gestres en dankbaar te wees. Wanneer jy dankbaar is, oorstroom jy jou liggaam en brein met endorfiene wat jou energie gee. Dankbaarheid is ook noodsaaklik vir ‘n gesonde werksomgewing. Die nommer een rede waarom mense hul werk verlaat, is omdat hulle nie gewaardeer voel nie. Dankbaarheid is soos spiere. Hoe meer ons dit oefen, hoe sterker word dit. Hier is ‘n paar maniere om elke dag danksegging te beoefen: 1) Gaan stap daagliks vir tien minute lank en sê hardop waarvoor jy dankbaar is. Dit sal jou vir ‘n positiewe dag voorberei. 2) Laat almal om die tafel by aandete sê waarvoor hulle dankbaar is. 3) Die sielkundige Martin Seligman stel voor dat ons ‘n brief skryf waarin ons ons dankbaarheid teenoor iemand uitspreek. Besoek dan daardie persoon en lees vir hulle die brief. Mense wat dit doen is ‘n maand later meetbaar gelukkiger en minder depressief. 4) Sê dankie by die werk. Toe Doug Conant die uitvoerende hoof van Campbell Soup was, het hy ongeveer 30 000 briewe aan sy werknemers geskryf om dankie te sê en die maatskappy in die proses getransformeer. Organisasies bestee gesamentlik miljarde dollars aan programme om aan hulle werknemers erkenning te gee, maar die beste en goedkoopste erkenningsprogram bestaan uit ‘n opregte BAIE DANKIE.’
5 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min