Woord vir Vandag - 20 Sep 2025

Loading player...
“Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle as Christene verwag.” 1 Tessalonisense 5:18 NLV

Redes om dankbaar te wees (1)

Dis ‘n gekompliseerde proses om asem te haal. . Dit vereis fisiologiese presisie en die gemiddelde persoon haal ongeveer drie-en-twintigduisend keer per dag asem. Terwyl ons geneig is om God vir alles wat ons asem wegslaan te dank, moet ons Hom miskien ook vir al ons ander asems bedank. Pastoor Ed Dobson is in 2000 met motorneuronsiekte gediagnoseer, ‘n degeneratiewe siekte wat geen bekende oorsaak het nie en terminaal is. Dobson deel sy voortdurende stryd om dankbaar te wees terwyl hy met ‘n ongeneeslike toestand leef, en skryf: ‘Daar is baie dinge waarvoor ek nie dankbaar is nie! Ek kan nie meer my hemp toeknoop nie. Ek kan nie meer ‘n baadjie aantrek of my regterhand bo my kop lig nie. Ek kan nie meer skryf of met my regterhand eet nie. Ek eet met my linkerhand en selfs dit word nou ‘n uitdaging. Mettertyd gaan hierdie uitdagings erger word. Waarvoor in die wêreld moet ek dus dankbaar wees? Daar is so baie. Here, dankie dat U my vanoggend wakker gemaak het en dat ek nog in die bed kan omdraai. Dankie dat ek nog uit die bed kan opstaan en dat ek badkamer toe kan stap. Dankie dat ek nog my tande kan borsel en ontbyt kan eet. Dankie dat ek nog self kan aantrek, dat ek nog my kar kan bestuur en dat ek nog kan loop. Dankie dat ek nog kan praat. Ek het geleer om op die dinge wat ek kan doen, eerder as op die dinge wat ek nie kan doen nie, te fokus. Ek het geleer om vir die klein dingetjies in die lewe en vir die baie dinge wat ek nog kan doen, dankbaar te wees.’ Wat het jy waarvoor jy dankbaar kan wees? ‘Wees in alle omstandighede dankbaar…’
5 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min