Woord vir Vandag - 19 Sep 2025

Loading player...
“’n Dubbelsinnige man is onbestendig in al sy weë.” Jakobus 1:8 KAB

Moenie dubbelsinnig wees nie

Moenie dubbelsinnig wees en op twee verskillende maniere gelyktydig probeer dink nie. Ons gaan byvoorbeeld kerk toe om ‘…die wysheid wat van Bo kom…’ (Jakobus 3:17 NLV), te ontvang, maar die oomblik wat ons by die kerk uitstap, ontvang ons wêreldse wysheid en probeer om die twee te kombineer. Dit werk egter nie. Jy kan nie petrol en diesel meng nie. Net omdat altwee vir voertuie bedoel is, beteken dit nie dat dit sal werk nie. As Christene, woon ons Sondae kerk by om petrol vir die week te kry en Maandag gaan ons in die wêreld uit en kry diesel. Dan wonder ons hoekom ons so hard moet werk terwyl ons so moeg is. Kom ons illustreer dit as volg: Daar is AM- en FM-frekwensies op ons radio’s wat van mekaar verskil en apart van mekaar is. Wanneer jy in ‘n motor ry, kies jy na watter een om te luister; jy kan nie na albei op dieselfde tyd luister nie, al is beide beskikbaar. Die Bybel sê: ‘Vra vir God as jy nie kan agterkom wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie. Maar, as ‘n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So iemand kan mos nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie. Hy is iemand wat nie tot ‘n besluit kan kom nie; op so iemand kan jy nie peil trek nie’ (Jakobus 1:5-8 NLV). God reageer op ‘n geloof wat eensgesind en op sy Woord gefokus is. Die woord vir jou vandag is dus – moenie dubbelsinnig wees nie!
5 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min