Woord vir Vandag - 18 Sep 2025
Loading player...
“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word…” Jakobus 5:16 NLV
Erken jou foute en tekortkominge
Ons maak almal foute, beoordeel kwessies verkeerd en maak op een of ander stadium ‘n gemors van dinge. Ons is almal mense. Die waarheid is egter dat foute een van die belangrikste maniere waarop ons leer en wyser word, is. As gevolg van ons vrees om gekritiseer te word of aansien te verloor, probeer ons egter dikwels om ons foute weg te steek. Die enigste werklike ramp wat deur foute veroorsaak kan word, is as jy nie iets daaruit leer nie. Wanneer jy versuim om ‘n fout te erken, blokkeer dit jou pad na groei. Luister na die woorde van die Here toe Hy die Israeliete vermaan het om uit hulle foute te leer: ‘Jeremia, gaan sê vir hulle wat Ek, die Here sê: As mense val, staan hulle dan nie weer op nie? Of as hulle agterkom hulle is op ‘n verkeerde pad, draai hulle nie terug nie?’ (Jeremia 8:4 NLV). Dis ‘n verligting en ‘n inspirasie vir ander mense wanneer jy jou foute kan erken, sonder om daardeur gedefinieer en ontspoor te word. Omstandighede en ander mense mag dalk ons besluite beïnvloed het, maar op die ou einde is elkeen van ons vir ons eie dade verantwoordelik. Wanneer ons ‘n fout maak, kies ons hoe ons daarop gaan reageer. Die beste benadering om ‘n fout te hanteer, is om volle verantwoordelikheid te aanvaar, daaruit te leer, te besluit om dit nie weer te herhaal nie en aan te beweeg. Interessant genoeg sal mense meer aanklank by jou vind en jou meer respekteer wanneer jy in staat is om jou eie swakhede te erken. Dit stel hulle vry om dieselfde te doen. Nederigheid is een van die eienskappe wat mense respekteer; trots word – selfs deur ander trotse mense, verag.