Woord vir Vandag - 17 Sep 2025
Loading player...
“Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense.” Romeine 12:18 NLV
Betoon genade in frustrerende tye
Die skrywer Chuck Swindoll sê dat hy toe hy ‘n jong man was, hy nie kon verstaan hoe twee mense wat die Here liefhet en die in Bybel glo, tot verskillende gevolgtrekkings kon kom nie: ‘In my kleinlike denke was ek oortuig dat alle goddelike gedagtes identiese gevolgtrekkings sou maak. Ek het vinnig geleer dat daar nie net verskillende opinies was nie, maar dat God mense wat die vermetelheid gehad het om van my te verskil, seën. God se gedagtes is nie naastenby so eng soos baie van sy mense nie. God is baie makliker om mee saam te leef, baie meer verdraagsaam en bewys baie meer genade en vergifnis as enigeen van ons.’ Om genade in frustrerende tye te betoon, moet jy hierdie twee dinge verstaan en aanvaar: 1) Mense se opinies en oortuigings sal dikwels van joune verskil. Ja, jy moet nooit Bybelse waarhede en jou kernwaardes prysgee nie, maar dit kos niks om taktvol en genadig eerder as krities en bytend te wees nie. Dit is veral waar wanneer konfrontasie en korreksie vereis word. Paulus skryf: ‘…wanneer iemand iets doen wat verkeerd is, moet julle wat deur die Gees gelei word, daardie persoon nederig reghelp…’ (Galasiërs 6:1 NLV). 2) Daar is waarde in ander mense se perspektiewe. Baie van ons het in ‘n huis grootgeword waar reg en verkeerd teen mekaar afgespeel word; waar die persoon wat ‘reg’ is geprys word, terwyl die persoon wat ‘verkeerd’ is, berispe word. Dit is jammer, want oor die algemeen is dit nie ‘n ‘ek-is-reg-en-jy-verkeerd’-kwessie nie maar eerder ‘n ‘ek-sien-dit-so-en-jy-sien-dit-anders’-kwessie. Voordat jy dus oorlog maak, moet jy jouself afvra wat die belangrikste is: die behoefte om hierdie persoon te korrigeer, of om gemeenskaplike grond met hulle te vind.