Woord vir Vandag - 16 Sep 2025
Loading player...
“…Om egter die houe te vat wanneer julle goeddoen, dít is iets besonders voor God.” 1 Petrus 2:20 NLV
Klim op die bus!
Wonder jy vandag: ‘Waarom moet ek hierdeur gaan?’ Want God stel meer in jou karakter as jou gemak belang! Patsy Clairmont skryf: ‘Jason, ons jongste, het twee doelwitte in die lewe. Die een is om pret te hê en die ander is om te rus. Hy doen albei baie goed. Ek moes dus nie verbaas gewees het oor wat gebeur het toe ek hom een herfsdag uit die huis stuur om vir die skoolbus te wag nie. Ek het met my werk begin toe daar skielik ‘n klop aan die deur is. Ek het die voordeur oopgemaak, net om Jason op die voorstoep te sien. ‘Wat maak jy hier?’ het ek gevra. ‘Ek het besluit om nie meer skool toe te gaan nie,’ het hy aangekondig. ‘Ophou skool toe gaan?’ het ek in ongeloof op ‘n desibelvlak te hoog vir menslike ore, herhaal, Ek het een keer gesluk en probeer onthou wat die kenners sê mens in sulke gevalle moet doen. Al wat egter by my opgekom het, was: ‘’n Pak slae op sy tyd is soos brood en konfyt,’ en ‘Buig die boompie terwyl hy nog jonk is.’ Dit was egter nie heeltemal van toepassing op die dilemma van ‘n sesjarige wat besluit het dat hy nie meer skool toe gaan nie. Dus het ek hom gevra: ‘Hoekom het jy besluit om op te hou skool toe gaan?’ Sonder om te huiwer het hy geantwoord: ‘Want dis te lank, dit is te moeilik en dit is te vervelig!’ ‘Jason,’ het ek dadelik teruggekap, ‘jy het so pas die lewe beskryf. Gaan klim op die bus!’’ Die Bybel sê: ‘…Om egter die houe te vat wanneer julle goeddoen, dít is iets besonders voor God.’ As jy jouself vandag in ‘n moeilike situasie bevind, wees bly – God lei jou vir groter en beter dinge op! Klim dus op die bus!